AANNEMINGS

AANNEMINGS:

  • Dit is altyd vir die SPCA/DBV ‘n vreugde om ‘n dier aan iemand te gee wat hom baie liefde en aandag sal gee en waar hy ‘n 2de kans op ‘n gelukkige lewe sal kry. 
  • Maar die SPCA/DBV is nogsteeds streng as dit kom by die aanneem van ‘n dier.  
  • Dis belangrik dat u huis en erf geskik is om die troeteldier te huisves.  As u ‘n dier wil aanneem sal u ‘n aansoek vorm vir aanneeming moet kom invul.  Ons Inspekteur sal dan uitkom na u woning om seker te maak dat dit geskik is vir die troeteldier wat u wil aanneem.  As ons Inspekteur u woning goedkeur, kan u net inkom en u troeteldier kom aanneem. 

    Onthou:

    • U troeteldier sal gesteriliseer word
    • U troeteldier sal  ingeënt word en ‘n inentings boekie sal gegee word.
    • Jou troeteldier ontvang ook ‘n SPCA/DBV naamplaatjie  en bandjie.
    • ‘n Fooi sal hiervoor gevra word.