SPCA/DBV

PAARL

SPCA/DBV

PAARL

'n Klein hondjie of katjie is altyd so oulik! En dis altyd so mooi om 'n mamma hond of kat saam met haar kleintjies te sien. Maar die realiteit is dat almal nie altyd dit kan bekostig om vir mamma en haar klomp kleintjies te sorg nie. En dis hoe ons diertjies op straat opeindig of net eenvoudig mishandel word.

 

Dis hoekom die SPCA/DBV 'n beroep op elkeen maak om asb u troeteldiere te steriliseer. Die SPCA/DBV Paarl sal ook nie 'n dier laat aanneem as hy/sy nie eers gesteriliseer is nie. Klein hondjies of katjies wat nog te jonk is, sal deur 'n sterilisasie kontrak later gesteriliseer word.

  

Die SPCA/DBV Paarl wil ook graag met 'n dringendheid vra dat as u troeteldier kleintjies gehad het en jy nie kan bekostig om hulle groot te maak nie, om hulle eerder na die SPCA/DBV Paarl toe te bring. Of skakel ons net as dit nie vir jou moontlik is om tot by ons te kom nie. Daar is altyd iemand wat 'n troetel dier soek, en deur die SPCA/DBV kan ons sorg dat elke dier 'n geskikte huis kry.

  

Die SPCA/DBV Paarl wil vra dat die publiek NIE hondjies of katjies langs die pad moet koop nie!!  Ons kan julle nie waarborg dat die diere wat langs die pad verkoop word gesond is nie. En as die dier wel siek is en jy neem hom huistoe gaan hy al jou diere wat jy by die huis het ook aansteek. Dis 'n bedryf wat ons glad nie goedkeur nie!! Maar as mense bly koop, gaan die bedryf nooit doodloop nie. 

  

As jy wel 'n dier soek, kom maak liewers by ons 'n draai. Ons kan jou waarborg dat ons diere gesond is en al die nodige inspuitings gekry het.

lO© 2009 My Company