WIE MOET ONS KONTAK ?
Die Paarl SPCA/DBV reageer op elke klagte wat hulle inkry, maar hierdie saak is vir ons baie moeilik, want die Paarl SPCA/DBV mag hierdie honde net afneem as daar enige tekens van dieremishandeling is.
En hierdie ouens is slim. Hulle sorg dat die hondjies altyd water by hulle het, dus is daar geen tekens van dieremishandeling nie. Of sodra hulle ons bakkie sien, dan hardloop hulle weg.
Die Klapmuts Polisie is bewus van hierdie probleem en het al heelwat van hierdie hondjies afgeneem en na die Paarl SPCA/DBV gebring. Ons kan dan kyk of die hondjies gesond is en dan kan mense hulle weer deur die Paarl SPCA/DBV aanneem.
So ons wil die publiek aanraai om asseblief die Klapmuts Polisie te bel as u sien dat mense hondjies langs die pad verkoop. Hulle kontak nommer is: 021 875 8000. |