Die SPCA/DBV's landwyd het 'n probleem dat diere eienaars vergeet om hul naaste SPCA/DBV, Veearts of Polisie te kontak wanneer hulle diere verlore is. Jou troeteldier kan by enige van hierdie plekke opgeeindig het. Iemand het dalk jou dier opgetel en na die SPCA/DBV gebring of die persoon het ons laat weet van die dier wat op 'n plek rondloop. As jy jou naaste SPCA/DBV laat weet dat jou dier vermis word, is dit so maklik om eienaar en dier weer te verenig as die dier wel by die SPCA/DBV Paarl opeindig. Self as u 'n rondloper dier vind, stel u naaste SPCA/DBV in kennis.
|