WAAR KAN JY HELP??
Ons wil baie graag die gemeenskap meer by ons fondsinsamelings betrek as vrywillige helpers.
Ons wil graag hê die gemeenskap moet deel raak van wat ons doen en ook sien wat ons als doen om die diere te help.
Ons kan altyd 'n paar ekstra hande gebruik. Maak nie saak hoe groot, klein, jonk of oud nie, ons sal vir jou 'n perfekte plekkie kry waar ons jou kan gebruik.
Hou ons kalender dop en laat ons weet waar jy ons kan help!
Met meer hande kan ons groter projekte aanpak!! |